Amos

Projek Sagaria (Queen Sofia)

Queen Sofia (QS) is 'n eenheid van 5 hervestigingsplase in besit van die Ministerie van Grondsake- & Hervestiging. Die projek is aanvanklik gefinansier deur die Spaanse regering (1999-2002). Sedertdien het die 50 hervestigde gesinne (begunstigdes), wat op hierdie net meer as 21 000 ha woon en boer, grootliks op eie stoom hul werksaamhede voortgesit.

Chris & Jessie van Rooyen is sedert Januarie 2013 as projekkoördineerders aangewys om onder die vaandel van Amos & Kunene vir Christus by hierdie gemeenskap te gaan inwoon en met hulle 'n pad van herbou van die muur (in die Nehemia konteks) te stap.

Die doel van die projek sal wees om die gemeenskap m.b.v. die leuse 'om te boer en te leef volgens GOD se wil' d.m.v. Geestelike insette, opleiding en ontwikkeling van vaardighede, uit die duisternis na die die Lig (n.a.v. Hand 26:18) te lei sodat hul onafhanklik en volhoubaar kan voortbestaan, selfs na ontrekking DV teen einde 2017.
Daar is besluit om 'n holistiese benadering te volg ten einde die doel na te streef en so die gemeenskap en almal betrokke by hervesting (eintlik is dit ons almal) in afhanklikheid, dat net die HERE kan doen wat net HY kan doen met hoop en 'n praktiese Bybelse model te bedien.

"Jy kan meer doen as bid - nadat jy gebid het, maar jy kan niks meer doen as bid - voordat jy gebid het nie."
..John Bunyan.