Amos

  • bewerkte plaas
  • Bewerkte
  • IMG bewerkt1b078
  • plaas bewerkt

Visie
"Living and farming God’s way"

Missie
Om aan elke persoon in Afrika, wat deel van die landelike en boerdery gemeenskap is, die geleentheid te bied om in ‘n persoonlike verhouding met Christus te staan en volgens Bybelse waardes en norme te lewe en te boer.

Simboliek van Amos embleem

Die naam is prominent en die groen dui op lewe en groei. Die windpomp dien as simbool van die plaas, maar ook as die instrument wat water gee en so lewe en voorspoed op die plaas bring.

In Amos bely ons egter dat Christus (rooi kruis) die lewende water (blou stroom wat van die kruis af vloei) is, Die Een waarsonder lewe, en dit in oorvloed, onmoontlik is. Verder bely ons met hierdie logo dat ons in die hele amos bediening diep afhanklik is van die kragtige werking van die heilige gees, net soos die windpomp van die wind afhanklik is.

Die visie, living and farming God's way, sluit nie net groot kommersiële plase in nie, maar ook elke lappie grond wat deur bestaansboere en ploteienaars bewerk word. Die visie word 'n werklikheid wanneer landbouers 24 uur van elke dag in ooreenstemming met, en gehoorsaamheid aan die woord van god lewe en boer:
God se boer, saam met God se mense, op God se grond, tot God se eer.

Geskiedenis van die ontstaan van Amos

Amos Agrimin is sedert 1993 'n Christelike, veelrassige, interkerklike landboubediening wat fokus op die landelike en boerderygemeenskap in Suidelike Afrika en Afrika. Op 13 Augustus 1993, op die plaas Swartwater naby Memel in die Vrystaat (Suid-Afrika) word die visie wat God aan ds. Hennie Viljoen en sy vrou Janetta gegee het saam met 'n groepie Christenboere, geformuleer, naamlik “Elke plaas vir Christus".

Die Woordlose boekie

Die woordlose boekie is 'n eenvoudige verduideliking van die boodskap van die Bybel. Dis 'n boekie sonder enige woorde, en daarom uiters geskik om die evangelie met ongeletterdes of andertaliges te deel. Dit bevat net ses kleure. Elke kleur verwys na 'n spesifieke saak en dit is die heel belangrikste dinge in die lewe wat jy moet weet en glo.
  • Goud             God die Koning
  • Vuil               Sonde maak jou lewe vuil
  • Rooi              Jesus se bloed
  • Skoon           Rein en skoon gewas
  • Groen           Geestelike groei
  • Blou              Jesus kom weer
Die boodskap is lewensbelangrik - vir jou, en ook vir alle mense. Daarom moet dit oorvertel word. 'n Verduideliking van die boeke, met teksverwysings, is in verskillende tale beskikbaar.

Die Driehoek-model